Vuurhond (astrologie)

丙戌

Die Vuurhond (丙戌, bǐngxū) is die 23ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die derde Hemelstam (丙, bǐng) – die element Vuur en Jang – met die 11de Aardtak (戌, ), gesimboliseer deur die Hond (狗, gǒu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurhondjaar het in 2006 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 29 Januarie 2006 tot 17 Februarie 2007.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search